Marida Steurer

Leef en Laat Leef

Agtergrond

Mense laat my tiek.  Ek word daardeur gefassineer om te kyk na wat ander mense laat tiek. Ek glo dat ons almal deur die Drie-Enige God geskep is en dat Hy ons liewer het as wat ons ooit kan dink.  Ek glo dat dit ons skeppingsdoel is om ons liefde vir die Here te wys deur liefde vir ander te wys.

Hierdie is my seepkis… dankie dat jy kom inloer en kom luister het.  Ek besef terdeë dat die plankies van my seepkis uit my eie bos se bome gemaak is en dat dit dalk heeltemal verskil van die tipe bome in jou bos.  Daarom hoor ek graag ook jou kant van die storie in die kommentare.

Advertisements
%d bloggers like this: